top of page
  • Writer's pictureCapstone Seeds

Kultivars geskik vir die boer se behoeftes

Updated: May 8, 2023

Capstone Seeds se mieliebasters is wyd aangepas en het uitstekende

kultivareienskappe wat in enige boer se behoeftes sal voorsien.


Capstone Seeds is al langer as 25 jaar betrokke in die saad- en landboubedryf in Suid-Afrika. Dié ervaring slaan deur in die navorsing, ontwikkelling, produksie en bemarking van sy saad deur sy bekwame personeel wat menige boer breed laat glimlag.


In sy arsenaal produkte is ’n wye reeks geel- en witmieliebasters wat wyd aangepas is en uitstekende kultivareienskappe het. Capstone Seeds se saadteelprogram is gegrond op

klimaatsverandering, die omgewing en die boer.


“Elke boer se behoeftes verskil. Daarom is ons basters uit verskillende ouerlyne en het dus unieke agronomiese eienskappe,” sê mnr. Roelf van Niekerk, verkoopsbestuurder vir agronomiese gewasse by Capstone Seeds.

“Vir ons gaan dit daaroor om in die boer se spesifieke behoeftes te voorsien deur die regte kultivar aan te beveel. ’n Boer het dalk ’n probleem met blaarsiekte. Dan beveel ons vir hom ’n kultivar aan met ’n verdraagsaameheid teen dié spesifieke siekte. “Vir ander boere is meerkoppigheid weer belangrik, veral in die westelike produksiegebiede waar boere geneig is om ’n heelwat laer plantestand aan te plant. Dit teenoor die oostelike hoëpotensiaal-mielieproduksiegebiede waar boere baie hoër plantstande aanplant en hulle meer na enkelkoppigheid kyk.”


Die omgewing speel ook ’n rol in die sade wat Capstone Seeds beskikbaar stel. “Ons het hoëpotensiaal-kultivars wat geteel is vir hoëpotensiaal-opbrengste, wat natuurlik

gepaard gaan met hoëpotensiaal-grond en -toestande.” Met klimaatsverandering in

gedagte het hy ook kultivars wat geteel is vir marginale toestande en dus meer hitte- en

droogtebestand is.


IN SY STAL

Twee van Capstone Seeds se konvensionele kultivars is CAP122-60 en CAP 9-522. Albei is

in die mediumgroeiklas en beskik oor baie sterk meerkoppigheid. Dié kultivars presteer uitstekend onder lae plantestand in die weste, asook hoër stande wat in die oostelike Hoëveld

aangeplant word. Dit is veral die CAP 122-60 wat uitstaan in die Capstone Seeds-stal.

“Ek beskryf hom as ons vlagskipkultivar, omdat hy een van die kultivars is met die hoogste

opbrengspotensiaal.



“Dit is ook baie wyd aangepas en vaar goed in die oostelike én die westelike produserende gebiede; op droë land, onder besproeiing en selfs vir kuilvoer,” sê Van Niekerk.

Capstone Seeds het twee geneties gemodifiseerde kultivars, naamlik CAP 9-262RRBT, wat

die stapelgeen bevat, en CAP9-262RR. Albei hierdie kultivars is in die vinnige groeiklas

en is fisiologies ryp vanaf 90 tot 115 dae ná aanplanting. Dié kultivars word veral aanbeveel

onder besproeiing, reg oor Suid-Afrika, en moet teen ’n plantestand van 80 000 plante

per hektaar en hoër aangeplant word. Dit kan egter ook in die hoërreënvalgebiede van

KwaZulu-Natal en die oostelike Hoëveld geplant word, waar hoër stande aanbeveel word.

Ook met sy spesialis-kuilvoermieliebasters staan Capstone Seeds nie terug nie en

is daar al kuilvoeropbrengste van meer as 100 ton per hektaar behaal.





“CAP 9001 is baie blaarryk met ’n goeie graan-en-blaarverhouding,” sê Van Niekerk.
“Hy groei so hoog as 4 m, het ’n hoë opbrengspotensiaal, goeie staanvermoë en stadige afdroging, wat ideaal is vir kuilvoer.”


Capstone Seeds se bemarkingsnetwerk strek landwyd. Kontak die maatskappy vir

die korrekte aanbevelings vir jou spesifieke behoeftes. Jy kan verseker wees van vinnige en

goeie diens.




https://www.landbou.com/



NAVRAE: Cecil van Rooyen - National Sales SA & Namibia

+27 66 305 8751 | cecil@capstoneseeds.com


Roelf van Niekerk - Agronomic Crops Sales Manager

+27 83 949 5749 | roelf@capstoneseeds.com


Neville Young - Retail Sales Manager +27 82 654 2162 | neville@capstoneseeds.com

Mark Wattam - E. Cape & Swaziland +27 82 603 8471 | mark@capstoneseeds.com

Steve Thomson - Technical Sales KZN +27 82 327 8083 | steve@capstoneseeds.com

Quintin Deysel - Office Sales - +27 83 845 3383 | quintin@capstoneseeds.com

179 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page